Missio Dei gemeente streef daarna om in alles wat ons doen pretensieloos, eg, eietyds en relevant te wees.
Ons wil nie net vir onsself bestaan nie en daarom reik ons op verskillende maniere uit na ons gemeenskap en bou ons omgeeverhoudings met mense binne en buite die gemeente.
Ons wil 'n geloofsgemeenskap wees waar almal deur die verskillende seisoene van hulle lewe welkom voel.
Ons maak erns daarmee om in ons kerkhou en kerkwees ons visiestelling uit te leef
Shared 4 months ago
106 views