Sanger en liedjieskrywer, Herman Kleinhans, is gebore in Sunland in die Oos-Kaap en bevind homself tans in die mooie Patensie.
Hy het sy deurbraak in die musiekbedryf gemaak toe sy groep, TWEE, die Afri-Visie
liedjieskryfkompetisie gewen het met die liedjie Ek Sweer. Hulle het verder gegaan
en diep spore in die Afrikaanse musiekbedryf gemaak met die albums Piekniek vir
twee en Sirkels.
Herman het reeds vyf solo albums en kortspeel plate opgeneem naamlik:
Vir Megan - 2015
Kamer 4 - 2017
Ruite Oop - 2020
EP in F - 2022
Kranse - 2023
Intussen het hy ook die musiek gekomponeer vir die gewilde Kyknet TV Reeks, Alles Malan. Wanneer hy nie musiek
maak nie, brei hy sy besigheid, Twee Vellies, uit en het tans winkels in Jeffrey’s
Baai, Port Elizabeth en Mosselbaai.