DANIEL HOFFMANN SE SOEN MY OP MY BOEPIE-TREFFER KRY ’N NUWE BAADJIE

Soen my op my Boepie is Daniel Hoffmann se eerste treffer wat in 2010 vrygestel is en die sanger het met behulp van ’n bekwame span vir dié snit ’n nuwe baadjie aangetrek, wat beslis aanhangers se goedkeuring sal wegdra en ’n glimlag op hulle gesigte sal sit.

Dié gewilde Afrikaanse dans-komedie-snit is geskryf deur Hennie Nel, vervaardig deur Hugo Ludik van Muse Studios en Dylan Emslie, beter bekend as “Mooi Jan” van die gewilde groep Jan Jan Jan deel ook sy talent op die konsertina.

Dit vertel die lighartige storie van ’n tannie wat haar man wil soen op sy boepie en dat hulle liefde nog lank nie koud is nie, selfs al is die kinders reeds uit die huis uit.

“Die liedjie beteken baie vir my omdat die sukses wat dit behaal het so ’n groot mylpaal was in my loopbaan,” verklap die sanger oor die nuwe weergawe.