Ek is ‘n hardwerkende boer in die Vrystaat en het nog my hele lewe lank ‘n passie vir musiek gehad, ek is nou in die bevoorregde posisie om my musiek met mense te kan deel.Daar is baie tyd en moeite in hierdie liedjes in gesit om dit so goed as moontlik te laat klink dat die mense elke sekonde van my musiek kan geniet. Ek beplan om nog musiek en video’s uit te bring, en soos hulle in Engels sê “So watch the space”.